1. Waar is julle gedoop en aangeneem?
Manfred & Reinhard : Wittenberg
Nelma : Gereformeerde Kerk Kimberly gedoop, en aangeneem in Gereformeerde Kerk, Hartswater
2. Konfirmationsspruch
Manfred : 1 Tim 6:12: “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het”.
Rinehard : Ps 62:8 “By God lê my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God”.
3. Waar het julle mekaar ontmoet?
Op Loftus in Pretoria
4. Waar is julle getroud?
In Wittenberg
5. Wat het julle studeer en wat doen julle nou as beroep?
Manfred – Bosbou kontrakteur
Nelma – Regte geswot by RAU – werk nou vir Manfred
Meer oor ons 3:
Manfred is gebore en getoeë in Piet Retief. Was in Witten- berg Schule en in Hoërskool Ermelo. Na skool rugby by Sharks 0/19 & 0/21 gespeel en daarna vir ‘n ruk by Bulle. ‘n Rugbesering het egter sy rugby tot ‘n vroeë einde gebring en hy het terug Piet Retief toe gekom en begin werk in die Bosbou bedryf.
Nelma is gebore in Kimberley, het matriek gekryf in Hoërskool Hartswater. Daarna LLB ges- wot by RAU. Het klerkskap in Hartswater klaargemaak en vir ruk as prokureur praktiseer.
Met Rinehard se geboorte egter voltyds tuis en later toe hy ouer was, as HR gewerk.
Rinehard is in Trichard gebore, het sy laerskool voltooi by Wit- tenberg Schule en is nou ‘n graad 8 in Hoërskool Ermelo.
6. Vertel ons van julleself, watse tipe mense is julle?
Ons gunsteling tydsverdryf is om tyd met mekaar as gesin te spandeer. Manfred en Rine- hard is baie lief om saam vis te vang en gholf te speel en geniet dit ook om te gaan jag.
7. Gunsteling kos?
Manfred : Rump Steak Nelma : Kerrie afval Rinehard : Prawns
8. Wat nie?
Manfred : Eet alles Nelma : Lewer en niertjies Rinehard : Eiergeel
9. Gunsteling vakansieplek?
Manfred : Mosselbaai &
St. Lucia
Nelma : Mosselbaai Rinehard : St Lucia
10. Wat het julle veral by- gebly van julle kinder dae?
Sorgelose tye sonder enige bekommernisse en almal vir wie ons lief is wat nog met ons was.
11. “n Droom vir die toekoms?
Ons bid en hoop vir ‘n veilige, doeltreffende en standvastige Suid -Afrika met goeie geleenthede vir ons kinders .
12. Verkies jy klein groepe, groot groepe of om alleen te wees?
Manfred : Klein groepe Nelma : Klein groepe Rinehard : Klein groepe
13. Stokperdjies?
Manfred en Rinehard se stokperdjie is verseker visvang!
14. Wat is die 3 dinge waar- voor jy dankbaar is?
- Ons geloof.
- Ons gesin & familie Ons gesondheid.
- Standvastige werksgeleenthede Dak oor ons koppe.
15. Hou jy daarvan as iemand n foto van jou wil neem?
Nee, beslis nie!
16. Gee jy iemand maklik n tweede kans?
Nee, dit is maar moeilik
17. Wat waardeer jy aan gemeente Wittenberg?
Dat hulle ons met ope arms terug verwelkom het, sowel as die samesyn en omgee.