
Francois und Janine Visagie wir wollen euch ein bischen besser kennen lernen.
1. Waar is julle gedoop en aangeneem ?
F. Ek is gebore in Krugersdorp 11/10/1972 en daar gedoop in die NG kerk, Krugersdorp –suid. Aangeneem en voorgestel in die moeder gemeente Piet Retief. Komfirmationsspruch: Jes 43:1 “Fürchte dich nicht, denn ich habe dich erlöst; ich habe dich bei deinem Namen gerufen; du bist mein!”
J. Ek is gedoop in Wittenberg deur Pastor Köhne en Konfirmation was ook in Wittenberg deur Pastor Gerald Paul. Konfirmationsspruch : Psalm 18:2 “HERR, mein Fels, meine Burg, mein Eretter, mein Gott, mein Hort, auf den ich traue, mein Schild und Horn, meines Heils und mein Schutz.”
2. Francois vertel ons so bietjie van jouself Vroeëre jare was ons gevestig op n plaas naby Kaap muiden naby Nelspruit, skool begin in Standerton Laerskool Kallie De Haas tot std 3 (vandag gr.5) daarna het ons verhuis na Piet Retief waar ek my skool loopbaan voltooi het. Groot word is baie relatief want ek probeer steeds groot word en sal seker eendag….
3. Waar het julle mekaar ontmoet :
F. Hahahahaha ja waar het ons ontmoet … wel eerste ontmoeting was Janine nog op skool om die waarheid te se gr.9…. ONTMOET in die ander sin 2014 ek het pas verhuis na Nelspruit om daar te werk en so het sy ook verhuis na Sabie, sy het gereeld na ry geleentheid op en af gevra en so het ons dan ook bymekaar gekom.
J. Ek ken Francois al vandat ek 15 jaar oud was. Maar nooit in my wildste drome gedink ek en hy sal eendag trou nie. Ek het in 2014 Sabie toe getrek en Francois het in Nelspruit gebly. Ek dink aangesien ons altwee van die klein dorpie af gekom het, was ons maar geselskap vir mekaar die eerste ruk, en so het ons begin.
Lieflingkos :
F. heeltemeal te veel, ek is mal oor lekker kos…. die kos wat ek sal uitsonder is sushi. By die huis …krummel pap en vars maas.
J. nie regtig iets spesefieks nie, hang af hoe ek die dag voel maar om ‘n paar te noem : Kook kos, see kos, pizza en pasta. Maar ek mis my ma se kos vreeslik baie, sy kon die lekkerste kos maak. Kos waarvan ek nie hou nie :
J. Afval !!! Van kleins af sorg ek dat ek nie naby die huis is as dit gemaak word nie
Kleur : Albei Blou
Musiek :
F. Enigiets uit die 80’s en 90’s
J. Ek is mal oor musiek en kan enige
tipe musiek luister behalwe Jazz en Opera.
Lees of tv :
F. Lees en tv solank ek meer weet van wat om my aangaan as dit voltooi is, n goeie aksie film mis ek nie sommer nie.
J. Wel eks mal oor tv kyk maar ek geniet dit om ‘n goeie boek te lees
Versamel jy iets :
F. Volgens my familie is ek n horder…. ek versamel jag gewere.
J. Nee ongelukkig nie, maar ek dink dis iets wat ek graag sou wou doen. (net nie seker wat ek sal wil versamel nie)
Grootste fobies :
F. Ek lei nie aan sulke goeitjies nie, gelukkig
J. Slange en Spinnekoppe
Stokperdjie :
F . Wel daar is heeltemal te veel waarmee ek myself besig hou, houtwek en veral hout draai werk, hengel diepsee en varswater.
J. Eks mal oor tuin maak ek dink ek het
dit by my Oma Lora en Pa geerf. Droomvakansie :
F. …. nee nie op n verlate eiland of sulke dinge nie… ek word ongelooflik bederf met n wegbreek in die Kruger wildtuin of enige wildtuin.
F. Defnetief ‘n eiland vakansie
Lieflingswoord :
F. … nee ek glo nie ek het een nie behalwe dat as ek na n woord soek gebruik ek “watsenaam” nogals baie.
J. Dis ‘n moeilke vraag : iets wat ek baie sê is… My man sal jy asb… (hahaha) Beste / swakste eienskap :
F. Beste eienskap: ek is ongelooflik gedetermineerd, enigiets wat aangepak word sal met passie voltooi wees.
Swakste eienskap: dat ek soms baie “bombasties of misluk sal voorkom”, ek is nie altyd die mees sosiaalste persoon nie.
J. Beste – Ek is ‘n baie liefdevolle mens
Swakste : Ek het so effens van ‘n OCD problem!
Akteur :
F. Mel Gibson/ Robin Wiliams
J. Gerhard Butler
Aktrise :
J. Jennifer Anniston
Kosbaarste Besitting :
F. Niks is vir meer belangrik as die ander nie … iets waaroor ek sentimenteel is is die gewere van byde my oupa’s wat weer hulle ouers s’n was
J. Ek heg glad nie myself aan besittings nie maar ek moet sê ek is mal oor my kar.
Hoe ontspan jy :
F. Braaivleis saam met die gesin, hengel saam met die klomp of jag, enigiets solank ek net dit saam met hulle kan doen.
J. Op die see as ons hengel of net sommer in die bosveld om ‘n kamp vuur.
5. Julle is albei al deur diep waters wat het dit julle geleer:
F. Om geduldig te wees en op jou geloof te vertrou, dit wat jy vandag wil hê is nie te sê dis wat jy nodig het nie.
J. Daar is soveel dinge wat ek geleer het al in my lewe, Maak nie saak wat nie jy sal nooit alleen wees nie, Liewe Jesus sit skakels in mens se lewe om deur dinge te kom, ‘n mens moet net leer hoe om dit raak te sien. Alle dinge gebeur vir ‘n rede en dit hang af van jou as mens hoe jy daarop gaan reageer. Die lewe gaan oor keuses, en natuurlik help dit altyd om die positiewe raak te sien as om vas te kyk in die negatiewe dinge
6. Die interessantste ding wat al met my gebeur het:
F. Wel verseker die laaste 4 maande sal ek van die meer interesante gedeeltes in ons lewens beskryf. Alhoewel die laaste paar jaar dit meer as een keer
gebeur het. Die volle kringloop wat ek en Janine geloop het van Piet Retief verlaat na die laeveld vandaar vir 3 jaar na Sodwana om ons weer eindelik te bevind waar ons nooit moes weg gaan nie.
J. Dis ‘n moeilke vraag, want eks self nie seker nie, maar ek dink die manier wat ek en Francois by mekaar uit gekom het is nogals intresant.
7. Watter eienskappe bewonder julle in mense :
F. Ek bewonder mense se einskappe om gemaklik te wees in die vreemde om sosiaal te verkeer met mense sonder dat hulle “terug trek”
J. Mense wat deursettings vermoë het bewonder ek altyd. Dis iets waarmee ek sukkel in my lewe, as ek nie van iets hou nie of as ek ongemaklik is of iets van daardie aard gee ek maklik op.
8. Wat bewonder julle in mekaar :
F. Ek bewonder Janine elke dag en elke dag is daar net nog iets wat bykom bewonder hoe sy die lomp van ons bymekaar hou en in toom hou sonder
om een keer kwaad te word!
J. Definitief Francois se deursettings vermoë, maak nie saak wat hy aanpak ongeag die situasie, maak hy klaar. Asook sy positiewe tyd oor alles,
maak nie saak wat gister gebeur het nie môre skyn die son weer.
9. Het julle ‘n lewens Motto :
F. Dit wat gister gebeur het is verby ….
leer daaruit. Moenie dit vergeet nie,
maar moet nie dit wroeg nie.
J. O ja definetief : That too shall pass… Roland het dit altyd vir my gesê tot en met sy laaste dag. Waarookal jy jouself in bevind sal ook weer oorwaai.
10. Die beste raad in my lewe:
F. Ds. Hancke van Blerk: WEES NET GEDULDIG.
J. Jy lewe vir jouself en nie om ander mense gelukkig te maak nie, as mens ophou fokus wat die wêreld van jou soek en meer fokus wat jy as mens nodig het sal jy ‘n gelukkiger mens wees.
11. Wat maak jou kwaad of hartseer :
F. Kwaad: ongelukkig n swak eienskap van my om dit vinnig te bereik, maar hoe mense deesdae nie tyd het vir mekaar of hulle naaste nie. Hartseer, wel om te sien waar ek dalk gefaal het in wat ek wou bereik, maar dit maak my net meer hardkoppig om dit te bereik, kom wat wil.
J. Mense wat lelik is met ander maak my kwaad want dis so onnodig. “Be kind to one another” en die wêreld sal ‘n beter plek wees. Dit maak my ook kwaad hoe mênse Kinders en diere mishandel. Wat my hartseer maak is om ander mense hartseer te sien.
12. Waarsonder kan jy jou die lewe nie voorstel nie :
F. JANINE, ARRIE, ANDRE,
FRANCOIS…. ek sal nie kan bestaan as die mal klomp nie elke dag om my is nie.
J. Defnetief my man, die kinders, my familie en my diere.
13. Kleintyd herinnering van Paasfees :
F. Ek wil sê paaseiers maar ongelooflik om te dink dat dit nie rerig is waarna ek soek nie, kerk toe gaan saam met ma en pa en die tyd wat ons daar gespandeer het.
J. Oma Lore het dit altyd ekstra spesiaal gemaak. Ons het elkeen ‘n mandjie gekry en na Kerk moes ons die paasei-ers soek. Ek was die jongste (laatlammetjie) so my Sussie en boetie moes maar baie jare saam my paasei-ers soek al was dit nou nie meer so interessant vir hulle nie.
14. Janine, maak jy graag jou huis mooi? Hou jy van kook en het jy ’n gunsteling resep?
Soos ek gese het, het ek so effens van ‘n OCD probleempie,so eks mal daaroor om als skoon te hou en colour coated te hou in my huis. Ek hou soms van kook, nie altyd nie maar tuin maak is defnetief my gunstelling.