
DIE DIS OKAY MA Dis okay, Ma as Ma lank vat om die presiese bedrag by die betaal-punt uit Ma se verslete banksakkie in Ma se beursie te vroetel – ek sal geduldig wag.
As Ma kwart oor 6 wil aandete hê, dan reël ek dit vir Ma – dis okay. As Ma vir my 100x vra wat is my lewensmaat se naam, sal ek Ma 100x reghelp .. dis okay, Ma. As Ma vir my goed oor en oor ver-tel, sal ek elke keer maak of dit die eerste keer is dat ek dit hoor .. dis okay, Ma. As Ma per ongeluk glase van die tafel afstamp en breek omdat dit aan die kant gestaan het van die oog wat nie kan sien nie .. dis okay, Ma – ons vervang dit; niemand sal vir Ma kwaad wees nie.

Ek kry Ma waar Ma sit en ‘n lysie maak vir Kersfees; elke kind en kleinkind seNnaam neergeskryf met ‘n bedrag langsaan – en ek loop om die calculator te gaan haal om vir Ma te help optel hoeveel geld Ma moet trek .. en Ma sê dis okay, ek het reeds die totaal ..
Dan weet ek Ma is nog okay. As Ma praat van geliefdes wat lank reeds dood is asof hulle net nou die dag nog hier was, deel ek graag hul herinneringe met Ma .. dis okay, Ma. As Ma bewerige/skewe potlood-strepe trek waar Ma se wenkbroue eens was, sal ek niks sê nie. Ma staan nou al elke og-gend nader met ‘n bolletjie watte, want Ma weet ek sal dit vir Ma mooi uitskakeer .. dis okay, Ma. As daar ‘n druppel aan Ma se neus hang en Ma kom dit nie ag-ter nie, sal ek elke keer vir Ma ‘n tissue aandra .. dis okay, Ma.
As Ma rêrig lank vat om klaar te eet, testort of aan te trek .. dis okay, Ma. As Ma bang is Ma gaan val – ek sal altyd langs Ma wees .. dis okay, Ma. Vergewe en vergeet wat jou ma of pa in jou oë verkeerd gedoen of gesê het – ons almal maak foute, niemand is perfek nie. Onthou net: Jy word ook oud, en ek beskou dit as ‘n absolute voorreg. Lief vir Ma en pa!!!! Eingeschickt
